Description
3D-Voorwerpe Passpeletjie
Maak die aanleer van 3D-voorwerpe sommer ekstra lekker met hierdie kleurvolle en interaktiewe passpeletjie!
Hierdie speletjie help leerders om verskillende 3D-voorwerpe te herken, te benoem en met bekende voorwerpe uit die alledaagse lewe te verbind.
Wat is ingesluit?
-
6 verskillende 3D-voorwerpe
-
Kleurvolle prentjies en duidelike benamings
-
Alledaagse voorwerpe wat by elke vorm pas
-
2 bladsye in digitaal-formaat
Hoe om te speel:
Druk die speletjie uit en knip al die kaartjies los van mekaar. Meng die kaartjies deurmekaar en laat leerders die regte maats soek en bymekaar pas.
Elke stel bestaan uit 3 bypassende kaartjies:
-
Die naam van die 3D-voorwerp
-
’n Prentjie van die 3D-vorm
-
’n Alledaagse voorwerp met dieselfde vorm
Wat leer leerders?
Hierdie aktiwiteit bevorder vormherkenning, visuele onderskeiding, woordeskat, konsentrasie en probleemoplossingsvaardighede.
Perfek vir individuele werk, klein groepies, wiskundesentrums of lekker praktiese leeraktiwiteite in die klaskamer!
Druk, knip en pas – leer deur speel!

Reviews
There are no reviews yet.